RIVERSDAL NETBALNUUS - Lefébre Rademan, oud-leerder van Hoërskool Langenhoven is onlangs met die “Members Player of the Season”-toekenning vereer.
Haar grootste droom was om vir Suid-Afrika te speel, wat sy verwesenlik het en tans lid van die Protea-netbalspan is.
Sy het in Desember 2020 na London verhuis om vir ‘n seisoen vir die London Pulse-klub te speel.
In haar debuutseisoen in die Vitality Netball superleague het sy 18 wedstryde gespeel en 147 doele aangeteken, waarna sy deur die London Pulse-klub met bogenoemde toekenning vereer is.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'