RIVERSDAL NUUS - Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika, en die gelukbringer vir die opkomende Wêreldbeker-netbaltoernooi staan die die trofee waarmee hulle die afgelope 52 dae deur Suid-Afrika getoer het.
Hulle het die trofee Woensdagmiddag laat by die Riverville-stadion in Riversdal aan skoollerders en netbalspeler kom wyys voordat hulle hulle Swelledam, Ahston, die Paarl en Malmesbury ook gaan besoek het.
Die toernooi begin oor 20 dae in Kaapstad.
Netbalproewe
Met bykans 600 netbalspelers van laer- en hoërskole uit verskeie provinsies wat in Riversdal by Hoërskool Langenhoven se bane aan die interdistrikte toernooi deelgeneem het, was die spreekwoordelike tafel gedek vir 'n aksievolle drie dae.
Die spelers het nie teleurgestel nie en topgehalte netbal is opgedis om die hordes ouers en ander toeskouers waarde vir hul geld te gee. Selfs die reën en nat bane kon nie die geesdrif en opgewondenheid keer nie.
Spanne uit Eden, Sentraal Karoo, die Kaap, Weskus, Overberg en die Boland was in aksie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’