Update
HEIDELBERG NUUS - Sameshia Esau, 'n boorling van Heidelberg en talentvolle netbalspeler, is sedert verlede jaar hoofafrigter van die Oostelike Provinsie se provinsiale Aloes-netbalspan.
Dié voormalige Protea-speler het haar span tydens die pas afgelope Telkom nasionale toernooi in Pretoria na 'n oorwinning in die eindstryd gelei waar hulle die Sunbirds met 48 - 43 getroef het.
Met die oorwinning in Afdeling 2 is hulle ook na Afdeling 1 opgeskuif.
Wat Sameshia se loopbaan so merkwaardig maak, is dat sy in nasionale toernooie tot dusver eers as speler en daarna ook as skeidsregter, hulpafrigter en nou ook as hoofafrigter haar merk gemaak het.
Sy het haar eerste netbal-wedstryd as kleuter by De Waalville Primêr in haar geboortedorp gespeel, waarna sy haar skoolloopbaan by Hoërskool Heidelberg voortgesit en uiteindelik by Hoërskool Brandwag in die Oos-Kaap gematrikuleer het.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'