STILBAAI NUUS - Die vierde Kasselshoop Farm Run het Saterdag 26 Mei by Kasselshoop buite Stilbaai plaasgevind.
Drie en veertig deelnemers het die 5 km- en 10 km-roetes op die plaas aangepak.
Dit was die eerste keer dat 'n 10 km-roete ook aangebied is. Deelnemers het die eerste 5 km-roete voltooi voor die langasems 'n bykomende 5 km, wat uit 'n nuwe gedeelte bestaan, afgelê het.
Harold Basson was die eerste wenner van die 10 km en het dit in 'n tyd van 1:05.01 kafgedraf.
Twee dames, Cornelia Giliomee en Annelize King, het saam-saam by die einde aangekom en was die gesamentlike wenners.
Die jong deelnemers het weereens skoonskip in die 5 km gemaak met Eben Vorster (12) en Waytt Griffiths (11) wat ook tegelykertyd by die eindstreep was in 'n tyd van 31.21.
Isabella Vorster (10) was die eerste meisie wat die wenstreep oorgesteek het. Sy was net-net na die twee seuns by die einde en haar tyd was 36.46.
Eben Vorster (links) en Waytt Griffiths (regs) het die 5 km-wedloop gesamentlik gewen. Foto verskaf
Annette Huskisson (76) was die oudste deelnemer met Natasja van Molendorff se babaseuntjie van drie maande, wat die jongste was. Die vyfde van die reeks van 10 veldrenne wat vir vanjaar beplan word, vind op 30 Junie plaas.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'