RIVERSDAL NUUS - Baleia Wines, geleë langs die N2 naby Riversdal, bied op 9 September hul tweede jaarlikse bergfietsuitdaging, tesame met ‘n trail run aan.
Wynmaker en algemene bestuurder, Abraham de Klerk, self ‘n entoesiastiese branderplankryer en bergfietsfundi, asook die Baleia Wines-span is opgewonde om dié uitdaging ‘n tweede keer aan te bied, met De Klerk wat daarna uitsien om weer deel te neem.
“Ons eerste aanbieding in 2016 was goed ontvang en het deelnemers van sover as Kaapstad gelok. Ongelukkig was die weerhane nie aan ons kant nie, maar kon deelnemers en toeskouers steeds hul besoek aan Baleia Wines se proelokaal en etes by La Bella Deli & Restaurant geniet,” aldus De Klerk.
“Dié jaar hoop ons vir ‘n heerlike sonskyndag sodat gaste en deelnemers waarlik die mooi van ons groen weivelde, geel canolabloeisels, oranje aalwynvlamme en oop grondpaaie kan waardeer – alles natuurlik onder die wakened oog van die Slapende Skoonheid berg.”
Die trail run roete sal oor 12 km strek en begin en eindig by die Baleia Wines kelder. Drie bergfietswedrenne sal die dag plaasvind; die 88 km-ren begin om 08:00 (R200 inskrywingsfooi), die 40 km ren om 08:15 (R140 inskrywingsfooi) en die 19 km ren om 08:30 (R80 inskrywingsfooi).
Vir meer inligting oor die ren, inskrywings en roetes, besoek www.baleiawines.com of kontak Adolf Botes by adolfbotes@mweb.co.za, telefoon 082 337 6286.
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'