Die fietsryers het vanaf 1 Maart tot 23 Augustus aan die reeks van ses wedrenne deelgeneem.
Met 11 eersteplekke in die verskillende ouderdomsgroepe het die Dasse seker gemaak dat hulle as wenners bekroon word.
Alle leerders wat deelgeneem het verwerf punte, nie net die wenners nie. Dit is dus belangrik dat soveel spanlede as moontlik aan die wedrenne deelneem.
Die volgende Dasse verwerf hul Eden-kleure: Lian Combrinck (goud), Marinelle Fourie (goud) en Francois Cloete (silwer).

Die Dasse se fietsryspan is van links voor Francois Cloete, Piet de Villiers (skoolhoof), Leendert Cronjé, Arrie Combrinck (spanbestuurder) en Lian Combrinck. Agter staan Radandt Malherbe, Rubin Grobbelaar, Rico Grobbelaar en Pieter-Dirk Fourie. Inlas: Marinelle Fourie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'