HESSEQUA SPORT NUUS - Vanjaar se Vlakte-marathon en halfmarathon ten bate van KANSA het op Saterdag 23 November plaasgevind.
Die wedloop het van Heidelberg tot Witsand/Port Beaufort gestrek en 987 deelnemers het ingeskryf.
Bob Reich en Isabel Cronjé het vanjaar hulle 10de halfmarathon voltooi en hul permanente wedloopnommers ontvang. Wendal Smith en Ric Marine het ook hul permanente nommers vir die vol marathon verdien.
Uit Langeberg-atletiekklub het 12 lede die marathon van 42,2 km voltooi en 15 die halfmarathon. Die afstand van 10,4 km is deur 12 lede afgelê. Justin Marais het in die 21,1 km tweede in 'n tyd van 01:11:18 gekom. Johan Stemmet was 12de in die 42,2 km in 'n tyd van 02:58:08.
James Jackson het na die geleentheid sy ervaring met kanker gedeel en hoop vir almal gebring. Hy het namens KANSA 'n tjek van R12 000 vanaf Langeberg-atletiekklub ontvang. Die klub bedank al hul borge.
Van links is Adrie Odendaal, James Jackson en Nico Steyn, voorsitter Langeberg-atletiekklub.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'