STILBAAI NUUS - Twee leerders van die skool het hul Eden-kleure in karate vir al die style ontvang. Wyatt Griffiths het sy kleure aan die begin van die jaar verdien en het ook aan die Karate Assosiasie Wes-Kaap (KAWC) deelgeneem, terwyl Jaco de Bruin sy kleure in September ontvang het.
De Bruin gaan op 24 November teen ander provinsies in Kaapstad deelneem met die doel om sy nasionale kleure te verwerf.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'