RIVERSDAL NUUS - Kwanokuthula se geesdriftige sokkertjokkers het die Hessequa-span by die FNB-sokkertoernooi en -proewe, wat onlangs in die Tuinroete aangebied is, verteenwoordig.
"Ons was baie opgewonde toe die loting gedoen is," sê die hoofafrigter, Mairo Jomo Sibotoboto.
Die sokkervereniging het ses spanne geloot:
In die eerste wedstryd het George vir Plettenbergbaai geklop. In die tweede kragmeting het Mosselbaai met Oudtshoorn afgereken en in die derde wedstryd het Hessequa vir Knysna met 4 - 2 gewen.
In die halfeindstryd het George vir Mosselbaai geklop waarna die Kwanokuthula-sokkertjokkers in die eindstryd teen George verras het.
Sibotoboto sê: "Ons het met nul elk gelykop gespeel, maar toe het die outjies verenig en alle verwagtinge tydens die strafdoeluitskietery oortref."
Die doelwagter, Liya Combi, en die doelskieters Clinton Ludidi, Lukho Nokweni, Lindokuhle Mabetshe en Luciano Jafta het uitsonderlike sokkervaardighede getoon.
Die wendoel is deur Buti Teyise beklink.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’