HEIDELBERG SKOLE SPORT NUUS - Zahnmarie Hartnick en Berthal September is onderskeidelik in die Wes-Kaapse netbalspan en SWD Akademie rugbyspan ingesluit.
Hartnick het die Wes-Kaap in Durban verteenwoordig, terwyl September die SWD in Boksburg verteenwoordig het.
Hy het ook tydens een van sy wedstryde 'n driekuns met drieë behaal.
Luando Stevens het die Akademiespan as afrigter verteenwoordig.
Van links is Zahnmarie Hartnick, Luando Stevens en Berthal September.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'