ALBERTINIA NUUSFLITS - Die dorp se jukskeiklub kom tweekeer per week op die gronde agter die dienssentrum in Kerkstraat bymekaar.
Jukskei is ’n baie gemaklike sport en inwoners van die dorp word aangemoedig om by die klub aan te sluit, asook besighede, skole en bestaande groepe wat spanne wil saamstel.
Die klub het ’n paar stelle skeie beskikbaar vir diegene wat nie hieroor beskik nie.
Oefendae is Dinsdae om 15:00 en Vrydae om 09:00. Vir verdere inligting kontak vir Carel Cronje by 073 004 3320 en word deel van die pret.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'