HEIDELBERG NUUS - Jo-Ané van Dyk, oud-leerder van Hoërskool Heidelberg en spogatleet van dié dorp het tydens die pas afgelope CAA Afrika senior atletiek kampioenskappe goud verwerf.
Die kampioenskappe het vanaf 8 tot 12 Junie in Saint Pierre, Mauritius plaasgevind. Jo-Ané, wat Suid-Afrika ook met spiesgooi by die laaste Olimpiese Spele verteenwoordig het, het met ’n afstand van 60.65 meter stof in die ander deelnemers se oë geskop.
Nog twee Suid-Afrikaners, Mckyla van der Westhuizen met 55.55 m en Jana van Schalkwyk met 54.49 m het onderskeidelik die silwer- en bronsmedaljes by die kampioenskappe ingepalm.
Jo-Ané het ook die afgelope twee weke uitstekend in Riga, Latvia, asook Eisenstadt, Oostenryk gevaar waar sy ’n persoonlike beste van 61.61 m behaal het.
'We bring you the latest Heidelberg, Hessequa news'