RIVERSDAL NUUS - Tydens die SA toutrekkampioenskap op 8 en 9 Maart op Oudtshoorn het die Oakdale-toutrekspanne vyf van die ses goue medaljes gewen.
Die 440 kg A-span moes na 'n taai stryd tevrede wees met die silwermedalje. Die B-, C- en D-spanne het verskeie A- en B-spanne van ander deelnemende skole met prag- en kragvertonings geklop.
Die Oakdalers het sedert Vrydag die oog gevang met hul fiksheid, vasberadenheid en doelgerigte deelname.
Die hoogtepunt van die kompetisie was die Oakdale-oorwinning in die 560 kg-kompetisie. Hiermee bevestig die Oakdale-span sy aanwysing as die Proteaspan vir deelname aan die wêreldkampioenskap in Ierland gedurende September.
Uitslae
- 400 kg A-span – goud,
- 440 kg A-span – silwer,
- 480 kg A-span – goud,
- 480 kg plaatspan – silwer,
- 520 kg A-span – goud,
- 520 kg B-span – brons,
- 520 kg plaatspan – goud,
- 600 kg A-span – goud,
- 600 kg B-span – brons,
- 560 kg A-span – goud,
- 560 kg B-span – brons.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'