CALITZDORP NUUS - Die SA toutrekkampioenskap waaraan verskeie hoër- en laerskole landwyd gaan deelneem, word vanaf 23 Maart in Kimberley aangebied.
Tydens die Eden-toutrekkampioenskap het Hoërskool Calitzdorp te kenne gegee dat hulle, as gevolg van gebrek aan fondse, nie na Kimberley sal kan reis vir deelname nie.
Op eie inisiatief het De Wet Theunissen, 'n gr. 12-leerder van Oakdale, in samewerking met mev. Nita Steyn (Oakdale-ouer), begin om geld onder ouers en besighede in te samel.
Op 10 Maart is 'n bedrag van R15 000 deur De Wet aan Hoërskool Calitzdorp se 440 kg-span oorhandig, wat aan hulle die geleentheid tot deelname aan die kampioenskap sal bied.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Hessequa nuus'