Die kompetisie het in ideale weersomstandighede plaasgevind en die wind kon nie blameer word as die gaatjie nie gesit het waar die skut hom graag sou wou hê nie.
Die dag was deur Johan van Wyk, eienaar van Bay Guns in Mosselbaai geborg. Al die pryse was in die vorm van koopbewyse. Deelnemers het in drie ka-tegorië deelgeneem nl. Jaggeweer, Juniors en Veterane.
Die wenners in die verskillende afdelings is as volg:
Jaggeweer: 1. Jaco Brink; 2. Danie Barnard en 3. Adriaan Botes.
Juniors: 1. De Waal Nigrini; 2. Paul Doubell en 3. Rudi Lerm.
Veterane: 1. Piet van Wyk; 2. Arthur Lillford en 3. Naudè Viljoen.
SJB wil van die geleentheid gebruik maak om vir "Bay Guns" te bedank vir die bydrae wat hulle maak om die skietsport in hierdie deel van die land te bevorder.
Dit word opreg waardeer en hulle kan verseker wees dat SJB hul lede aanmoedig om hulle te ondersteun. Die besigheid is gesetel op Mosselbaai en beskik oor alles wat die jagter en vuurwapenentoesias nodig het, asook 'n wye verskeidenheid buitelwe toerusting.
Namens die bestuur en almal wat teenwoordig was, bedank ons graag vir Joseph en Ilze Steyn vir hulle gasvryheid en dat hulle altyd bereid is om hul plaas beskikbaar te stel vir die geleentheid, asook die dames wat deur die dag gesorg het dat daar altyd verversings beskikbaar was en vir die heerlike ete na die tyd. Die SJB / Prins-Albert veldskiet gaan 'n jaarlikse gebeurtenis word en beslis die moeite werd vir 'n merkie op die 2013 almanak.

Pryswenners van Suid-Kaap Jagers- en Bewaringsvereniging/Prins-Albert Veldskiet.