STILBAAI NUUS - Dr Deon Begeman, voorsitter van die Stilbaai Bewaringstrust het Donderdagoggend 14 Desember 'n groep dapper stappers op die Geelkrans staproete by Stilbaai gevat.
Hy het vooraf 'n kort praatjie gehad en uitgebrei oor die fynbos wat die stappers op die roete kan raakloop.
Na 'n lekker reënbui vroeër die oggend het die groep net na sewe vuur en vlam weggespring met die hoop dat die reën net sal wegbly totdat hulle terug is by die voertuie, maar hulle was ook vol bravade vir indien dit sou reën.
Die Geelkrans staproete is 'n agt kilometer sirkelroete wat begin en eindig by Preekstoel.
'n Deel daarvan stap jy op die strand en 'n mens moet maar die getye dophou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’