Update Video
RIVERSDAL SPORTNUUS - Louis Fourie, Riversdal-rolbalklub se mees senior speler is vir sy uitstaande spel beloon.
Fourie was Saterdag, 12 September die speler wat die wit balletjie die meeste raakgerol het en het met die weeklikse Tops Toucher-prys weggestap.
"Hy is 'n uitstekende en toegewyde speler wat in alle borgdae in die streek inskryf waar dit vir hom moontlik is," het die klubsekretaris, Louw Bester gesê.
Met die verslapping van inperking op sportbyeenkomste het André van Wyk, eienaar van Tops en Riversdal SuperSpar dit goedgedink om elke Saterdag 'n borgskap in die vorm van 'n koopbewys van Superspar of Tops vir die speler beskikbaar te stel wat die meeste toucher balle (wat die wit bal raakgerol het) afgelewer het.
Bester sê die doel van die pryse is om meer nuwe spelers betrokke te kry en vir die ingeskrewe lede dit meer opwindend en kompeterend te maak.
Marius Saayman het op 29 Augustus die eerste toucher prys gewen.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: Fourie in die kol met rolbal
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'