HESSEQUA NUUS - Emile van Druten, ‘n plaaslike hengelaar met diep wortels in Gouritsmond het tydens die 2021 nasionale kunsaas-hengelkampioenskap vir die 13de keer vir Protea-kleure gekwalifiseer.
Die nasionale kunsaas-hengelkampioenskap is deur SAALAA (South African Artlure Angling Association) op Loskopdam in Mpumalanga aangebied.
Van Druten het die Kaapse Wynland by die kampioenskap verteenwoordig en behaal ‘n algehele sesde plek as individu.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'