HESSEQUA NUUS - Nico du Bois, een van die stigterslede van Stilbaai Touchies het jare gelede, terwyl hy en sy seun Nikki na die Trans Agulhas-rubberboot wedvaart op Stilbaai se strand gekyk het, vir Nikki gesê dat as hy die dag aftree, gaan hy genoeg geld hê om vir hulle 'n boot te koop en dan gaan hulle twee self deelneem.
Nico is egter net na sy aftrede oorlede en daarom het Nikki vanjaar besluit om deel te neem om sy pa te eer.
Met Rob Louw, bekende rugbyspeler en rubberboot-entoesias se ondersteuning is sy droom bewaarheid en hy en Tiaan Cloete is vas van plan om die wedvaart op Gordonsbaai te voltooi.
“My pa het altyd gesê: Laat loop! Daarom is my dryfkrag: Laat loop!”
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'