Gallery Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Die heel eerste kayak-visvangkompetisie in Stilbaai was ‘n klinkende sukses. 22 Deelnemers het die naweek van 9 en 10 Februarie sake uitgespook vir pryse ter waarde van meer as R30 000.
’n Nasionale standaard ten opsigte van die verhouding tussen die lengte van ’n vis en sy gewig is toegepas om gewig te bepaal.
Die kompetisie is deur Eugene van der Walt en Stefan en Susan Grové georganiseer. Volgens Van der Walt is daar tans net twee ander soortgelyke kompetisies op die Kaapse kayak-visvangkalender en was daar ‘n behoefte aan meer geleenthede.
Die 54cm Bonito wat Francois Prinsloo van Hermanus uitgetrek het, het aan hom die eerste prys besorg in die kategorie vir die grootste vis, asook ‘n trofee vir die grootste Bonito gevang tydens die kompetisie.
Die organiseerders bedank al die borge wat pryse geskenk het, asook alle deelnemers.
Volgende jaar Februarie se kompetisie is reeds in die beplanningstadium.
Kyk twee video's hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'