STILBAAI NUUS - Pluimbal Suid-Afrika se nasionale o. 19-kampioenskappe het van Sondag 29 Maart tot Sondag 4 April in Bloemfontein plaasgevind.
In die Eden-span was net een speler, Stefanie Malan, wat nie van Hessequa afkomstig was nie en hulle het 'n uitstekende toernooi beleef.
Die span het spanne soos Grens, Oos-Kaap en Noord-Kaap uitgestof om derde in hul poel van spanne te eindig.
Daarna het hulle teen Vrystaat uitgespeel om uiteindelik in die sesde plek te eindig.
Na die spankompetisie het die spelers aan die ope kompetisie deelgeneem en beide die dubbelspare Anrieg Smal en Markus Nortier asook Bethany Stevens en Katja Nothnagel het die kwarteindronde gehaal.
Die vroueplaatkompetisie het geëindig as 'n Eden-finaal, met Katja Nothnagel wat as wenner gekroon is.
Pluimbal word tans in verskeie dorpe in Hessequa as sport aangebied. Vir meer inligting rakende die sport en hoe om betrokke te raak kan Ursula van Huyssteen gekontak word by 084 503 8481.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’