RIVERSDAL NUUSFLITS - In snikhete Saterdag 4 November het die A1 span van Eden Jukskeidistrik deurgaans die toon aangegee en gevolglik heel bo aan die punteleer geëindig.
Hul naaste teenstander, WP A1 het 11 punte agter hulle in die tweede plek geëindig.
Die vier distrikte naamlik Eden, Kaap Wynland, Overberg en WP was goed verteenwoordig.
Daar is in vier afdelings meegeding, met inskrywings deur al die distrikte in die A, B, C en D kompetisies.
In die B-afdeling het Kaap Wynland B2 met 56 ½ punte eerste geëindig met Kaap Wynland B1 in die tweede plek met 50 punte.
In die C-afdeling eindig Eden C1 eerste met 88 punte, WP C met 83 ½ punte in die tweede plek en Overberg C derde met 75 punte. In die D-afdeing eindig WP D eerste.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'