STILBAAI NUUS - Na ses opwindende weke het die hoogtepunt van die aksie rolbal in Stilbaai Donderdagaand 21 Maart aangebreek.
Daar was 22 spanne wat ingeskryf het en teen die einde was daar 10 topspanne wat dit op die boonste baan van Stilbaai Rolbalklub uitgespook het.
Uiteindelik was dit die Drie Buffels wat met die louere weggestap het. Hulle is beloon met R2 000 prysgeld van Ricoh Garden Route.
In die tweede plek was dit The Gaps wat 'n R1 000 geskenkbewys gekry het van Goukou Deli.
Gesamentlik derde was dit Oracle en The Super Hot Cherries wat 'n R1 000 geskenkbewys van On The Rocks gekry het.
Stilbaai Rolbalklub se aksie rolbaltoernooie is waarlik een van die hoogtepunte op die sportkalender en dit groei van krag tot krag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’