Update
RIVERSDAL SPORTNUUS - Die Covid-19 pandemie het ook erg aan tehuise in die streek se geldsak gevat en moes ernstig aan geskikte maniere gedink word om dit aan te vul.
Chris Veldsman, bestuurder van DROOM se tehuise op Riversdal het gesê dat hul verlies aan inkomste op 'n geskatte R1,2 miljoen beraam word. "Staatsubsidies het geen verhogings opgelewer nie en daar was ekstra kostes ten opsigte van beskermde klere en ontsmettingsmiddels."
Koppe is bymekaargesit en hulle het besluit om 'n virtuele hardloop-, fietsry- en stap-uitdaging vanaf 27 tot 29 November aan te bied.
Geen inskrywingsgelde word gevra nie, maar elke kilometer wat gestap, gedraf of per fiets gery word, moet geborg word. Persone hoef ook nie self deel te neem nie, maar kan iemand anders borg.
Borgskappe beloop R4 per kilometer vir hardlopers, R2 per kilometer vir fietsryers en R5 per kilometer vir stappers.
Om vir die virtuele DROOM-uitdaging te registreer of vir meer volledige inligting, kontak die sosiale koördineerder, Retha Benadé per epos by sosiaal@droomriversdal.co.za.
Vorige artikel: Draf vir Droom
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'