Hy het ook 'n derdeplek in die 800m verower met 'n tyd van 2:03.00. Die top atletiekskole van die Wes-Kaap het aan hierdie byeenkoms deelgeneem en daar was ongeveer 800 deelnemers.
Vyf atlete van Hoërskool Langenhoven het die skool verteenwoordig.
Josha Lawson het 'n tweedeplek behaal in die seuns o.15 diskusgooi met 'n goeie afstand van 49,50m. Hy het ook derde in gewigstoot seuns o.15 gekom met 'n afstand van 14,63m. Elzé van Tonder behaal 'n tweedeplek in die 1kg diskusgooi vir meisies o.14 met 'n afstand van 26,61m.
Van links is Josha Lawson, Elzé van Tonder en Ruben Dlepu.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'