Video
STILBAAI SPORT NUUS - Die 28ste galjoen-derby het Saterdag 10 Augustus in perfekte hengelweer op dié kusdorp plaasgevind.
Die vis het sommer vroeg begin byt en binne die eerste twee ure was reeds 25 galjoene geregistreer.
Die kompetisie is 'n merk-en-vrylaatgeleentheid en geen vis word onnodig hanteer nie. Opponerende spanne neem foto's van mekaar se vangste en die vis word deur middel van 'n selfoontoepassing gemeet.
Die gewig word op grond van die lengte bepaal.
Daar was hierdie jaar 384 deelnemers en daar is om pryse ter waarde van R290 000 meegeding.
Kategoriewenners
Grootste galjoen - Raldu Potgieter van Galjappers (54 cm en 3,025 kg); swaarste sak - Hendrico Lesch van Biltong & Brew (3,106 kg); geseëlde gewig - Jaffie Erasmus van Blou Kadette (1,271 kg); Skin-wenner - Sakkie van Rensburg van Bonnievale (2,854 kg); swaarste mosselkraker - Werner Gouws van SSK Hengel-klub B (2,614 kg); meeste galjoen vrygelaat - Dougie Cramer van Dare Devils (4,323 kg); kleinste galjoen - Rachael Kruyer van Skurwe Oesters (0,159 kg) en die vrouewenner - Jocelyn Rossouw van Pikkewyne (1,262 kg). Die span wat met die louere vir die eerste plek weggestap het is Biltong & Brew.
Volgens Xander de Beer, Stilbaai-hengelklub se kaptein moet enige hengelaars wat vir 2020 se derby wil inskryf vinnig spring vir 'n plek.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'