Die Dasse se rugbyspanne het altwee hul wedstryde gewen. Die o.15's het 'n kompeterende wedstryd gehad en wen met 24-10. Die eerstes gee Knysna 'n goeie drag slae met 52-8.
Uit die ses hokkiewedstryde wen die Dasse vier en speel twee gelykop. Die o.14A's en o.16C's speel altwee 0-0 gelykop. Die o.16B-span wen 1-0, o.16A 2-0, o.18B 3-0 en die eerste hokkiespan wen baie oortuigend met 6-0.
Aangesien 21 netbalspelers aan die Wes-Kaap netbalproewe op Oudtshoorn deelgeneem het, moes die Dasse met hul B-spanne teen Knysna kragte meet - en hul wen drie uit die vier wedstryde.
Die o.14B's wen teen Knysna se o.14A's met 17-4, die o.15B's verloor teen hul o.15A's met 15-24 en die o.16B's wen teen hul o.16A's met 21-13. Die kersie op die koek was toe Langenhoven se derde span Knysna se eerstespan met 'n baie oortuigende 34-12 kafgedraf het.
Die derde netbalspan saam met hul afrigter, Michelle Marais na hul oorwinning.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'