Hokkie- en netbalspanne van die Dasse was reeds van vroeg af baas op die velde en bane en het die een oorwinning na die ander beklink.
Die puik oorwinnings van die eerste dogtershokkiespan (3-1) en die eerste netbalspan (26-16) het die skaal sterk in die Dasse se guns geswaai en reeds die oorwinning verseker.
Elke span van die Dasse het hierna met reëlmaat oorwinnings behaal en is die Swellies tot oorgawe gedwing teen die tyd dat die eerste rugbyspanne op die veld gedraf het. Dié kragmeting het 12-12 gelykop geëindig. Die Dasse het hulle baasskap beklemtoon deur 76 van die moontlike 100 punte te verwerf en sodoende die Interskole-trofee vir die derde agtereenvolgende jaar in te palm.
Anja Uys, omring deur die Swellies, veg om balbesit. Die eerste hokkiespan het met 3-1 gewen.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal | Hessequa nuus'