STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard se damesliga-netbaltoernooi het Woensdagaand, 25 Oktober, begin.
Vier spanne het ingeskryf en daar is selfs 'n span van Riversdal. Die vier spanne sal elke Woensdagaand een wedstryd speel met die eindstryd op 15 November.
Johan Uys, 'n plaaslike fisioterapeut, sal Woensdagaande die spanne professioneel strek en opwarm en is ook tydens wedstryde beskikbaar indien van die moontlike uitoefening-lywe nie kan byhou nie.
Om dit interessant te maak, kry die spanne een punt per doel en 'n bonuspunt vir elke 10 doele. Die wenspan kry vyf punte.
Johanna Marais, Karen Hattingh en Elzette van Schalkwyk het die moeilike taak om as skeidsregters op te tree.
Die spanne is die Legends van Riversdal, die Dunamis, die Fabulous Span en die Berties.
Kom ondersteun gerus die vier spanne by die Stilbaai-sportterrein op 'n Woensdagaand vanaf halfses.
Johan Uys laat die vier spanne strek en opwarm.
Die twee dames lyk nog op en wakker.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’