Gallery Update
HESSEQUA ROLBALNUUS - Riversdal-rolbalklub wen al vier hul wedstryde tydens die Stilbaai Mannedag wat op 13 Mei plaasgevind het.
Die Trips-mannespan het bestaan uit Louis Fourie (skip), Hennie Steyn (tweede) en Johannes Streicher (lei).
Fotogalery: Riversdal seëvier by Stilbaai Mannedag
Die 14 spanne wat deelgeneem het, het bestaan uit Hartenbos-, Heidelberg-, Vista- (Klein-Brakrivier), Outeniqua-, Riversdal- en Stilbaai-rolbalklub.
Uitslae:
- Riversdal;
- Outeniqua;
- Stilbaai.
Ander wedstryde
Op 27 April het Shanelle Saayman (lei), Marius Saayman (tweede), Charldre Saayman (derde) en Marie Boshoff (skip) aan die borgdag by Outeniqua-rolbalklub deelgeneem.
Op 12 Mei het Wim Jansen (skip) en Geoffrey Prins (lei) elkeen Spar-koopbewyse met gewone spel gewen.
Op 15 Mei het vier Trips-spanne aan die SSK borgdag op Heidelberg deelgeneem, bestaande uit:
- Bennie Basson (lei), Celvin Basson (tweede) en Ashley Basson (skip);
- Miemie du Plessis (lei), Marlene Newberry (tweede) en Monica le Roux (skip);
- Marius Saayman (lei), Charldre Saayman (tweede) en Marie Boshoff (skip);
- Pieter Kleinhans (lei), Werner Strydom (tweede) en Louis Fourie (skip).
Stilbaai Mannedag: Van links is Johannes Streicher, Louis Fourie, Mariana van der Walt (Stilbaai-rolbalklub president), Mariaan Harris (borg), Hennie Steyn en Angelo Erasmus (borg).
Outeniqua borgdag: Van links is Charldre Saayman, Marie Boshoff, Shanelle Saayman en Marius Saayman.
Vorige artikel: Manne rol 'n eerste plek los
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'