STILBAAI NUUS - Jacques en Mirjam Breedt van Stilbaai is gekies vir die Suid-Afrikaanse span wat in November in Spanje aan die IFBBF (International Fitness and Bodybuilding Federation) se wêreldkampioenskappe gaan deelneem. Die IFBBF het twee bene en die egpaar neem deel in die fiksheidsafdeling.
Soos vroeër in die Forum berig is het hulle, in hulle eerste kompetisie ooit, WP-kleure verwerf. Daarna het hulle van 1 tot 3 Augustus aan die Nasionale Kampioenskappe in Durban deelgeneem en daar is hulle beloon met insluiting in die SA-span.
Mirjam sê dat wat vir hulle wonderlik is, is die ondersteuningstelsel wat hulle van familie en fantastiese vriende in Stilbaai het veral wat betref hulle twee klein kindertjies. Sonder dit sou dit nie vir hulle moontlik wees om aan hierdie kompetisies deel te neem nie.
Intussen is hulle volstoom besig om voor te berei vir die wêreldkampioenskappe en albei is baie positief oor hulle vooruitsigte.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’