JONGENSFONTEIN NUUS - Die naweek van 24 en 25 September was Jongensfontein die gasheer vir die Westelike Provinsie Ope branderski-kampioenskappe.
Volgens die organiseerders geniet hulle Jongensfontein se rustigheid en die ideale omstandighede.
Daar was 22 deelnemers wat oor twee dae moes wys wie is die beste en uiteindelik is Malan Calitz (WP) aangewys as die WP Ope kampioen vir 2022. In die tweede plek was Bruce Viaene (OP) en derde was Etienne Ferreira (WP).
Branderski was voorheen bekend as roeiski - dis 'n baie ligte branderplank waarop jy sit en roei en golwe ry soos met die tradisionele branderplank.
Die roeier moes net mooi kophou om te verseker dat sy branderski nie omslaan nie.
Altesame 22 roeiers het in ideale omstandighede deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'