HESSEQUA NUUS - Die Knysna-bosmarathon, sekerlik een van die mooiste marathons ter wêreld, vind hierdie jaar op 8 Julie tydens die Knysna-oesterfees plaas.
Die marathon en halfmarathon kronkel diep deur die Knysna-woude asook asemrowende uitsigte oor die Knysna-meer en Knysna-koppe.
Geen ander marathon ter wêreld het hierdie pragtige kontrasterende hoogtepunte nie en dit sorg dat selfs die minder fikse atlete net eenvoudig die marathon wil voltooi.
Hierdie is voorwaar een van daai dinge wat op enige hardloper se wenslysie moet wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’