TUINROETE DISTRIK ROLBALNUUS - Vanjaar se Grasshopper-borgdag by die Groot Brak-rolbalklub was weer 'n klinkende sukses en is in heerlike weersomstandighede gespeel.
Vista-rolbalklub (Klein-Brakrivier) het die wenspan opgelewer met 'n span van Outeniqua-rolbalklub wat die naaswenners was en 'n span van Groot Brak-rolbalklub wat die derde plek ingeneem het.
Spanne van oor die hele streek het aan die toernooi deelgeneem en baie kompeterende rolbal opgedis.
Die dag is hierdie jaar deur Mooiuitsig Kombuis geborg. Hulle het ook geskenkbewyse vir die gelukstrekkings geskenk.
Die span van Outeniqua-rolbalklub, wat die naaswenners was, by die president van Groot-Brak-rolbal, Eugene Potgieter (regs). Van links is Vollie van Vollenstee, Mariette Young, Daphne Faber en Riana Nel.
Die Groot-Brak-span wat die derde prys gewen het, se spanlede is van links: Annatjie Vorster, Brian Farmer, De Ville du Plessis en Kobie van der Walt.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'