Update
RIVERSDAL ROLBALNUUS - In die eindronde van Riversdal-rolbalklub se sosiale liga op 27 Mei het die Bollerollers en W&J Motors teen mekaar te staan gekom.
Die Bollerollers het met die louere as kampioene van seisoen 1 van 2021 weggestap.
"Die bane was lekker vol en die atmosfeer was vreugdevol. Ons wil graag elke span bedank wat aan seisoen 1 van 2021 se sosiale liga deelgeneem het. Baie geluk aan die kampioene, die Bollerollers," sê Charl Nortjé, die klub se mediabeampte.
Gewone spel
- Op 29 Mei het gewone spel plaasgevind. Pieter Kleinhans en Johlene Streicher het koopbewyse vir die grootste punteverskil ontvang. Kleinhans het ook 'n addisionele koopbewys ontvang vir die meeste touchers.
- Op 5 Junie was Retha Lategan en Shanelle Saayman die gelukkige Spar-koopbewyswenners vir die grootste punteverskil.
Die Bollerollers is agter, van links is Bennie Basson (vise-president), George Uys (sosiale ligabestuurder), Werner van Niekerk, André la Coch, Francois Visser en Frans Myburgh. Voor is Pieter du Plessis.
Die vise-president, Bennie Basson oorhandig Pieter Kleinhans se koopbewys aan hom.
Van links: Retha Lategan (skip), Marie Boshoff (wedstrydsekretaris) en Shanelle Saayman (lei).
Vorige artikel: Bollerollers kan rol
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'