Update
HESSEQUA SPORTNUUS - Black Balls-potspelklub op Albertinia het behoorlik die wind uit Khulas se seile gehaal deur die wedstryd tuis met 23-13 te wen.
Black Balls se C-span het wedstryd afgeskop met 'n telling van 6-6. Die B-span het die stokke behoorlik ingelê en die besoekers gewys waar Dawid die wortels gegrawe het met hul telling van 11-1.
Die skrif was dus reeds teen die muur toe die A-span begin. Enrico Damons het 'n pragvertoning gelewer deur die tafel skoon te maak (break and finish) teen Garth Meyer van Khulas. Meyer het sprakeloos toegekyk hoe Damons hom behoorlik onder die tafel inskiet.
Die A-span het hulle wedstryd met 6-6 gelykop geindig.
Down Town Albertinia het teen Golden Que van Heidelberg vasgeval en hulle wedstryd met 17-19 verloor.
V-dub het geen wedstryd gehad nie .
Enrico Damons het sy teenstander en die toeskouers met sy spel beïndruk. Foto: Heinrich Fortuin
Vorige artikel: Black Balls maak weer tafel skoon
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'