ALBERTINIA NUUS - Black Balls van Albertinia het Sondag sy tweede agtereenvolgende potspeloorwinning behaal toe hy All Stars van Heidelberg in hul tuisdorp met 24 - 12 gewen het.
Black Balls het in hul vorige kragmeting vir Khulas van Riversdal met 20 - 16 geklop.
Down Town het ook Sondag teen United van Slangrivier met 18 - 18 gelykop gespeel. In die uitspeelwedstryd het United met 20 - 18 geseëvier.
Black Balls speel dié komende naweek tuis teen Shooters van Slangrivier en Downtown speel in Heidelberg teen Angels.
Black Balls van Albertinia se potspelspan het sy tweede agtereenvolgende oorwinning behaal.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'