Update
ALBERTINIA NUUS - Black Balls en Down Town, albei potspelklubs in Albertinia, meet eerskomende naweek kragte in 'n belangrike wedstryd.
Die derby vind Sondag, 31 Oktober in die plaaslike gemeenskapsaal plaas. Inwoners wat die geleentheid wil bywoon, moet alle Covid-19-regulasies nakom.
Ricardo du Toit, een van Black Balls se bestuurslede het gesê dat hulle hul beste span vir dié belangrike wedstryd gaan stuur. "Ons gaan nie kanse waag nie, want Down Town beskik oor 'n hele paar goeie spelers."
Volgens Du Toit is Black Balls tans vier plekke bo Down Town op die ranglys.
In 'n wegwedstryd op Heidelberg het Black Balls weereens gewys dat hulle as 2021 se kampioene gekroon wil word. Hulle het Sondag, 24 Oktober teen Power Kings kragte gemeet en die wedstryd gemaklik met 20-16 gewen. Black Balls se C-span het gelykop gespeel en hul A- en B-spanne het albei met 7-5 gewen. Die span se Chriswan Jansen was ook as speler van die wedstryd aangewys. Vdub- en Down Town-potspelklubs het loslootjies gehad.
VORIGE ARTIKEL: Black Balls reg vir Down Town
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'