STILBAAI NUUS - CP&B oftewel Cape Plumbing and Bathroom Supplies van Stilbaai het die dogters krieketspan van Laerskool Bertie Barnard verras met pragtige nuwe kleredrag.
Jacques en Corli Westcott van CP&B het hulle harte en beursie oopgemaak vir die krieket dogters van Bertie Barnard en hulle glo dat hierdie gebaar die dogters sal motiveer om hulle beste te gee.
Volgens Mariska van Wyk van Laerskool Bertie Barnard is die kinders verskriklik opgewonde en hulle kan nie wag vir die eerste wedstryd nie.
Laerskool Volschenk asook Langenhoven van Riversdal het dogters krieketspanne en hulle sal mekaar die stryd aansê op die veld.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’