Die eerste groep se wegspring was in die felste hitte van die bergwind en net voor die wegspring van die tweede groep het almal gestaan en bibber van die koue.
Nie net moes die Dasse die tegnies moeilike baan oorwin nie, maar ook die elemente van die natuur. Marinelle Fourie, nuutste toevoeging tot die span, het goed voorgeloop in haar afdeling, maar haar fietsketting het gebreek en kon sy nie die resies voltooi nie.
Pieter-Dirk Fourie was vyfde in sy ouderdomsgroep. Francois Cloete het tweede in sy ouderdomsgroep klaargemaak en Lian Combrinck was eerste in sy ouderdomsgroep. Die Dasse staan tans 'n goeie kans om die reeks in die Eden-distrik te wen en moontlik vir die finaal te kwalifiseer.
Lian op die damwal.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus