STILBAAI NUUS - Bergfiets entoesiaste van heinde en verre het Saterdag en Sondag 20 en 21 April die speke laat sing om Stilbaai.
Saterdag was dit die marathon gedeelte en ryers het 67 km, 42 km en 25 km afstande gery.
Sondag het hulle rondtes gery, maar die opdraandes was vir sommiges 'n reuse uitdaging.
Maklik was dit ook nie en die rotsagtige dele het baie ryers die fietse laat stoot.
Dat bergfietsry al hoe meer veld wen was duidelik en daar was heelwat klein kindertjies en dan natuurlik die groep bokant 60 jaar oud.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’