Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Vanjaar het die weer goed saamgespeel en was die Baleia Wines MTB op Riversdal Saterdag 9 September nie 'n modderbad op die roete soos verlede jaar nie.
Volgens die organiseerders het hulle baie inskrywings gehad, alles het goed verloop en oor die algemeen beskou hulle die ren, wat vir die tweede keer aangebied is en 'n jaarlikse instelling gaan wees, as 'n groot sukses.
Die bergfietsren het vanjaar ook hul eerste internasionale inskrywing gehad vanuit Addis Ababa.
Die kelders se wynmaker, Abraham de Klerk, is positief dat hulle in die toekoms meer internasionale inskrywings sal kry.
'n Pretloop oor 12 km is ook vir die eerste keer aangebied en het goeie aftrek gekry.
Dit was nie net swoeg en sweet op die verskillende roetes nie, maar familie en vriende wat opgedaag het om hul mense te ondersteun, kon intussen heerlik eet, 'n wynproe geniet - en soos een van die dametjies wat die lekker musiek nie kon weerstaan nie - sommer inval vir 'n dansie!
Kyk videos hieronder:
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'