Met Aryn Gschwend en Wedrê Geldenhuys as hoof organiseerders is daar maande se beplanning en harde werk op een dag toegespits en was dit 'n reuse sukses. Gesinne het die dag kom geniet en was daar vir elkeen 'n afstand wat gery kon word.
Die dag is die aand afgesluit met 'n lekker dans en ete waar jonk en oud saamgekuier en -dans het. Gatsby was die tema vir die aand en jonk tot oud het hulle opgedollie vir die geleentheid. Riversdal Spur het seker gemaak dat almal met 'n vol maag huis toe gaan en Diamonds Discount Liquor het toegesien dat daar verversings vir almal was na 'n harde dag se fietsry.
Riversdal Spur, Diamonds Discount Liquor Riversdal en Riversdal Toyota het as hoofborge opgetree om die dag so spesiaal moontlik te maak. "Daar moet egter ook 'n bitter groot dankie gaan aan alle besighede, individue, plaaseienaars, leerders van Hoërskool Langenhoven en elkeen wat bygedra het tot die sukses van die dag, hetsy dit met waterpunte of enige ander aspek van die dag gehelp het. Mens sal nooit genoeg woorde hê om almal te bedank nie," het Wedrê Geldenhuys van Diamonds Discount Liquor gesê.
Volgens hom beoog hulle om dit jaarliks te laat groei en soveel Riversdallers as moontlik betrokke te kry. "Daar was 'n groei in deelname en met die betrokkenheid van professionele tydhouers en borge kan die fietsren net groei van jaar tot jaar en 'n groot dag raak op die kalender in die Hessequa omgewing.
"Ons het soveel positiewe terugvoering gekry oor elke aspek van die fietsren van fietsryers dat mens net kan trots voel op ons omgewing."
Die uitslae is soos volg
90km Mans (A): 1. Andries Duminy (03:52:33); 2. Johannes Gerber (03:55:38); 3. Tossie Steyn (03:58:48).
91km Dames: 1. Mellusca Farnham (04:16:40); 2. Thea-Marie van der Sandt (04:27:59); 3. Madelein Gerber (04:34:36).
44km Mans (B): 1. Leendiert Cronjé (01:41:48); 2. Riaan van der Sandt (01:42:57); 3. Ross Mac Gillivroy (01:55:28).
44km Dames: 1. Eileen Ketterer (01:58:49); 2. Rozanne Schreiber (02:04:07); 3. Helga Saayman (02:17:33).
20km Mans (C): 1. Arno Kroezen (00:56:25); 2. Wilhelm van den Berg (00:56:43); 3. JP de Klerk (00:56:46).
20km Dames: 1. Janka Cronjé (00:56:50); 2. Wendy Joubert (00:57:04); 3. Resia Swart (00:57:03).
Laerskool Voorwaarts wen die laerskool-afdeling vir die seuns en meisies spanne.
_542067741.jpg)
Die roete het ook 'n stort ingesluit...