STILBAAI NUUS - Na week twee van die ses week lange toernooi is die spanne nog almal positief oor hulle wenkanse.
Die toernooi se grapgatte, Rolling Stones, het ook verlede Donderdag hulle opwagting gemaak in hulle splinternuwe drag en Fred Flintstone sal baie trots wees op hulle.
Donderdag 29 Februarie, ook bekend as skrikkeldag, bereik die toernooi die halfpadmerk en dis nou wat die ernstige balle gerol gaan word.
Die manne en vroue begin so vyfuur in die middag rol en dit sal lekker wees as die Stilbaaiers hulle kom ondersteun.
Kom drink 'n bier of 'n koeldrank Donderdagmiddag en dalk byt die rolbal gogga jou ook.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’