Dit was die boodskap van die Hoof-Uitvoerende Beampte van die SWD Krieketraad,mnr Albertus Kennedy, tydens die opening van die gebouekompleks van die Eden/SWD Distrik Sportakademie op Oudtshoorn verlede Saterdag.
Kennedy staan aan die stuur van die hoogs suksesvolle SWD Krieketakade-mie en het van sy ervaring gedeel.
Die eerste 41 atlete uit agt sportkodes is Saterdag by die Distrik Sportakademie, onder leiding van Abrie de Swardt ingeneem. `n Voltydse administratiewe beampte, Alliyah Allie is in 2013 aangestel en die akademie het reeds meer as 40 projekte aangepak, waaronder afrigtingskli-nieke en werkswinkels vir afrigters.
Oudtshoorn Munisipaliteit, die SANW en die Wes-Kaapse departement Kultuursake en Sport is rolspelers in die plaaslike sportakademie wat nie net op die ontwikkeling van sporttalent sal fokus nie maar ook sal poog om sportgeriewe in die dorp te ontwikkel.
Die Hoof Direkteur, Sport en Rekreasie van die Wes-Kaapse regering, adv Lyndon Bouach, het die depatement se dienste en rol in die skepping van die streeksakademie as 'n historiese verbintenis tot sportontwikkeling in die streek uitgespel, en die departement se verbintenis tot die verdere groei van die Akademie uitgestippel.
Al die rolspelers betrokke by die Eden/SWD Sportakademie verlede Saterdag tydens die amptelike opening en eerste inname van atlete. Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Klein-Karoo, Tuinroete nuus'