Update Video
TUINROETE DISTRIKSNUUS EN VIDEO - Die NG Moedergemeente op Mosselbaai het op 6 Junie 'n projek geloods om die basaar wat op dieselfde dag sou plaasvind, met 'n 24 uur-fietsrit en -drafsessie te vervang.
Dominee Henri Meyer en Martin Cilliers op bergfietse en Dawie Zwiegelaar op 'n drafstap, het vir 24-uur om die kerk gery en gedraf.
Dié drie het Saterdag, 6 Junie om 12:00 weggetrek en het Sondag, 7 Junie 12:00 met hulle uitdaging klaargemaak.
Ds Meyer en Cilliers het 260 km gery en Zwiegelaar het 170 km gehardloop gedurende die 24 uur. Voor die aanvang van die uitdaging het ds Meyer gesê hulle mikpunt is om R200 000 in te samel, waarvan hulle reeds voor die wegspring sowat R50 000 gehad het. Teen Maandag het hulle reeds R150 000 ingesamel. Die driemanskap is per kilometer of per uur geborg en verskeie donasies is ontvang.
Kyk 'n video hieronder:
Die Mossel Bay Advertiser het weer Maandag met ds Meyer gesels en sy woorde was "ek is op, soos ou olie". Hy sê ook dat die projek baie suksesvol was. Die voor- en agterremme van Cilliers se fiets het glo tydens die 260 km opgepak en is sy hande is glo baie seer van die intense konsentrasie met die remme en stuur. "Buiten die wonderlike weer wat ons gehad het, was die gemeentelede en selfs verbygangers wat getoet het se ondersteuning merkwaardig en inspirerend," vertel ds Meyer.
Besoek gerus die NG Moedergemeente Mosselbaai se Facebookblad vir videos te besigtig wat tydens die 24 uur-uithouren geneem is. Enigiemand wat nog bydraes wil maak kan die webblad www.NGmosselbaai.co.za besoek en met SnapScan 'n betaling maak.
Dominee Henri Meyer op sy bergfiets deur die kerk se tuin. Foto: Jannie du Plessis
Na 24-uur het die sjampanje gevloei. Foto: Lemar Meyer.
Vorige artikel: Kerkbasaar vervang met 24 uur-uithouren
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'