RIVERSDAL GHOLFNUUS - Sages het Dinsdag, 22 Junie op die ruim ooptes van Riversdal se gholfbaan gaan ontspan.
36 Sagesspelers van die Suid-Kaap het bymekaargekom en aan 'n "mystery" beterbalkompetisie deelgeneem.
Die 89-jarige Pieter Vaughan het albei naaste-aan-die-pen (putjies 8 en 4/13) pryse gewen. Hy het ook op sy eie 'n formidabele 43 stableforpunte aangeteken.
Die volgende Sagessaamtrek is 'n IPS-kompetisie op Dinsdag, 20 Julie op Boggomsbaai.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'