Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Twee gholfdae het verlede week vir groot pret by Riversdal-gholfklub gesorg.
Die spelers het Woensdagoggend, 16 Desember ‘n ontbytlopie stableford gholfdag geniet. Daar is reeds sedert 05:00 afgeslaan.
Drie spelers, Marco Booysen, Samuel Vermaak en Anton le Roux het elk 39 punte losgeslaan en die beker gedeel.
Saterdag, 19 Desember se vierbal-beterbal boeredag stableford-kompetisie het vir ‘n vol baan gesorg.
C Sharwood en J Goliath (53 punte) het die kompetisie gewen. TM Stander en J Kasselman het ‘n taai stryd met T Cronje en G von Molendorff op die baan uitgespook. Hulle het op ‘n 52 punte uittel die tweede en derde plekke ingeneem.
Fotogalery: Twee gholfdae lok talle na Riversdal
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'