HESSEQUA NUUS - Tradisioneel is Oktober en November twee winderige maande langs die suidelike kusgebiede en dit is dan ook die suidoos wat gholfspelers se gedagte aan 'n heerlike dag se gholf so 'n bietjie kan fnuik.
Daar was egter min sprake van enige wind op Dinsdag 10 Oktober en 32 Sagesspelers het in heerlike weersomstandighede op Boggomsbaai kom afslaan.
Die reën van die vorige twee dae het ook gehelp om die omgewing se groen uit te lig.
Die spelformaat was 'n gekombineerde Stableford-kompetisie.
Dit is opvallend dat daar drie 80-jariges onder die pryswenners was: Dawid Venter, George Sadowski en Buks Reynders.
Volledige uitslag
- Hannes Mills en John van Rensburg (Boggomsbaai) 69
- Dawid Venter en George Sadowski (Mosselbaai) 68
- Van le Roux en Pieter le Roux (Boggomsbaai) 68
- Dirk Bosman (Stilbaai) en Van le Roux (Boggomsbaai) 67
- Fred Bull en Nic Marais (Mosselbaai) 67
- Buks Reynders en Chris Barnard (Mosselbaai) 66
- Andre Goetz en John van Rensburg (Boggomsbaai) 66
Die naaste aan die penne, geborg deur Anton Swart se JC Slagtery van Riversdal is gewen deur Ernest Roux van Boggomsbaai op 6/15 en Grové Koch van Riversdal op 9/18.
Van links is George Sadowski, Dawid Venter, Grové Koch, Hannes Mills, John van Rensburg, Van le Roux en Pieter le Roux.
Nuwe lede wat in die Suid-Kaap Sages se midde verwelkom word, is Giel Bezuidenhout van Mosselbaai, Nic Marais van Mosselbaai en Colin Sharwood van Riversdal.
'Ons bring jou die nuutste Boggomsbaai, Hessequa nuus'