SUID-KAAP GHOLFNUUS - Suid-Kaap Sagesspelers het Stilbaai-gholfklub Dinsdag, 25 Mei op ‘n windstil, sonskyndag besoek.
Die spelformaat was ‘n beterbalkompetisie met ‘n geelbalkonnotasie.
“Jy en jou maat wissel die geelbal tussen julle af op elke alternatiewe putjie en die speler met die geelbal se stablefordpunte verdubbel op die betrokke putjie,” verduidelik Marius Loubscher.
In die samespelkompetisie word die beste telling van die twee op elke putjie geneem.
Denzel Geldenhuys en Vince Bruwer (eerste), Uys van Wijk en Yvette du Plessis (tweede) en Ernest Roux en Fanie Wessels (derde).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'